SKATKISBOEKE - TREASURE CHEST BOOKS

(Herinneringe van ou boeke is 'n skat om te geniet - Memories of old books is a treasure to enjoy)

DIE WIT TIER REEKS

As daar nou ooit ’n Swart Luiperd liefhebber was wat iets in die lyn van fotoverhale gesoek het en wat hom tevrede moes stel, was dit sekerlik die Wit Tier.

Die Wit Tier het gelewe in ’n land met die naam Takaranië (Tanzanië?).  Dit was klaarblyklik iewers op die vasteland van Afrika, maar was binne bereik van Suid-Afrikaners.  Die Wit Tier was ’n oortuigend, sterk geboude jongman, wat soos ’n Tarzan van ouds in die oerwoud geleef het. Weereens weet ons nie wie die skrywer was of wie die titel rol vertolk het nie . Die verhale was vol avontuur en het lekker leesstof uitgemaak.  Naas “Ruiter in Swart” en “Mark Condor”, was dit seker een van my persoonlike gunstelinge.

Hy het talle oorspronklike avonture in oerwoud beleef.  Daar was die geval van ’n vroulike breindokter wat sy verstand oorneem het asook vele gevegte met diere en krokodille.  Daar was selfs ’n oervallei met ’n verlore stam en prehistoriese diere. Sy wapens was sy hande en sy mes, maar hy het ook van ’n geweer of pistool gebruik gemaak wanneer dit nodig was.  Daar was ivoorsmokkelaars en wild stropers, selfs ook ruimtewesens wat die land besoek het.  So was daar ook Arabiese slawe handelaars wat hom in die sand begrawe het, sodat die miere hom kon opvreet.  Hy was ook deur ’n verlore vroue stam gevange geneem.  Natuurlik was daar ook altyd ’n mooi meisie in die omtrek om hom in sy tyd van nood te red.

Op ’n manier herinner die verhale my baie aan die avonture van die Skim, wat deur Lee Falk geskep was.  Beide beleef hulle avonture in ’n denkbeeldige land wat tussen die oertyd en die beskawing is.  In die Skim was die denkbeeldige land natuurlik Bengalië.  Dit was dan natuurlik vir die skrywer moontlik om sy verbeelding meer vrye teuels te kon gee, (deur Koos Papenfus).

Die Wit Tier - Slaaf in sy eie landDie Wit Tier - Laaste offer
50. Die Wit Tier - Slaaf in sy eie land 64. Die Wit Tier - Laaste offer

Die Wit Tier - Maak dood die prinsesDie Wit Tier - So lank duld ek jou
66. Die Wit Tier - Maak dood die prinses 67. Die Wit Tier - So lank duld ek jou

Die Wit Tier - Besoek uit die vreemde Die Wit Tier - Na twintig lange jare
68. Die Wit Tier - Besoek uit die vreemde 69. Die Wit Tier - Na twintig lange jare

Die Wit Tier - Die gierige sjeik Die Wit Tier - Stokers van onheil
70. Die Wit Tier - Die gierige sjeik 72. Die Wit Tier - Stokers van onheil

Die Wit Tier - Kind op die vlug Die Wit Tier - Nou net vergelding
73. Die Wit Tier - Kind op die vlug 77. Die Wit Tier - Nou net... vergelding

Die Wit Tier - Vir die fees van Venus Die Wit Tier - Vrou uit die suide
78. Die Wit Tier - Vir die fees van Venus 79. Die Wit Tier - Vrou uit die suide

Die Wit Tier - Vuur vir woede Die Wit Tier - Slaaf van die stergod
81. Die Wit Tier - Vuur vir woede 82. Die Wit Tier - Slaaf van die stergod

Die Wit Tier - Lis van die woestyn jakkals Die Wit Tier - Graf vir die goudrowers
84. Die Wit Tier - Lis van die woestyn jakkals 85. Die Wit Tier - Graf vir die goudrowers

Die Wit Tier - Kom broer, ons veg Die Wit Tier - Toe kom die weerwraak
86. Die Wit Tier - Kom broer, ons veg 96. Die Wit Tier - Toe kom die weerwraak

Die Wit Tier - Die vloek van Karawappa Die Wit Tier - Afrekening
99. Die Wit Tier - Die vloek van Karawappa 100. Die Wit Tier - Afrekening

Die Wit Tier - 'n Koning, 'n vriend... Die Wit Tier - Geen genade vir jou
102. Die Wit Tier - 'n Koning, 'n vriend... 105. Die Wit Tier - Geen genade vir jou

Die Wit Tier - Vrou in die wildernis Die Wit Tier - 'n Dag vir wraak
106. Die Wit Tier - Vrou in die wildernis 107. Die Wit Tier - 'n Dag vir wraak

Die Wit Tier - Nag van die skedel Die Wit Tier - Bruid op die vlug
122. Die Wit Tier - Nag van die skedel 124. Die Wit Tier - Bruid op die vlug

Copyright © 2019 by Pieter Haasbroek and Koos Papenfus. All rights reserved.
Last updated: 9 November 2019